Policy:Universele Gedragskode/Toepassingriglyne

This page is a translated version of the page Policy:Universal Code of Conduct/Enforcement guidelines and the translation is 96% complete.
Outdated translations are marked like this.
Wikimedia Foundation Universal Code of Conduct

1. UGK-afdwingingsriglyne

Hierdie Afdwingingsriglyne beskryf hoe die gemeenskap en Wikimedia Stigting die doelwitte van die Universele Gedragskode (UGK) sal kan behaal. Dit sluit onder meer die volgende onderwerpe in: Om begrip van die UGK te bevorder, om by proaktiewe werk betrokke te raak om oortredings te voorkom, om beginsels te ontwikkel vir werk wat gehoor gee aan en op UGK-oortredings reageer, en om plaaslike afdwingingstrukture te ondersteun.

Die UGK is van toepassing op alle aanlyn en vanlyn Wikimedia-ruimtes. Om die UGK af te dwing is dus ’n gedeelde verantwoordelikheid. In die gees van die beweging se subsidiariteit-waarde, moet dit op die mees plaaslike vlak moontlik gedoen word.

Die toepassingriglyne bied ’n uiteensetting vir die interaksie van huidige en toekomstige afdwingingstrukture en poog om ’n grondslag te ontwikkel vir ’n billike, konsekwente implementering van die UGK.

1.1 Vertalings van die UGK-afdwingingsriglyne

Die oorspronklike weergawe van die UGK-toepassingriglyne is in Engels. Dit sal vertaal word in verskeie tale wat op Wikimedia-projekte gebruik word. Indien daar enige betekenisverskil tussen die Engelse weergawe en ’n vertaling ontstaan, sal besluite op die Engelse weergawe gebaseer word.

1.2 Oorsig van die UGK-toepassingriglyne en UGK

Gebaseer op die Raad van Trustees se aanbeveling, een jaar na die bekragtiging van die Toepassingriglyne, sal die Wikimedia-stigting 'n gemeenskapskonsultasie en hersiening van die UGK-Toepassingriglyne en UGK aanbied.

2. Voorkomende werk

Hierdie afdeling poog om riglyne vir Wikimedia-gemeenskappe en geaffilieerde individue te bied om bewus te wees van die UGK, en om dit ten volle te verstaan en na te kom. Daarom bevat hierdie afdeling aanbevelings vir bewusmaking van die UGK, hantering van vertalings van die UGK, en bevordering van vrywillige nakoming van die UGK (waar dit toepaslik of nodig is).

2.1 Kennisgewing en bevestiging van die UGK

Die UGK is van toepassing op almal wat met Wikimedia-projekte te doen het of wat daartoe bydra. Dit geld ook vir amptelike in-persoon gebeurtenisse en verwante ruimtes wat op derdepartyplatforms aangebied word as ’n grondslagvan gedrag vir samewerking aan Wikimedia-projekte wêreldwyd.

Ons beveel aan dat die UGK by Wikimedia se gebruiksbepalings gevoeg word.

Daarbenewens moet die volgende individue hul nakoming van die UGK bevestig:

  • Alle Wikimedia Stigting-personeel, lede van die Raad van Trustees, direksielede en personeel van Wikimedia-geaffilieerde maatskappye;
  • Enige verteenwoordiger van ’n bestaande of voornemende Wikimedia-geaffilieerde maatskappy (byvoorbeeld, onder meer, ’n individu of groep individue wat ’n Wikimedia-geborgde gebeurtenis, groep of studie wil bevorder en/of daaraan wil deelneem, hetsy op-wiki of eldersin ’n navorsingsomgewing); en
  • Enige individu wat die Wikimedia Stigting-handelsmerk in ’n gebeurtenis soos die volgende (onder meer) wil gebruik: gebeurtenisse wat Wikimedia-handelsmerke gebruik (byvoorbeeld in die gebeurtenis se titel) en verteenwoordiging van die Wikimedia-organisasie, -gemeenskap of -projek by ’n gebeurtenis (byvoorbeeld, onder meer, ’n aanbieder of ’n stalletjiehouer).

2.1.1 Bevordering van UGK-bewustheid

Om bewustheid te verbeter, moet ’n skakel na die UGK toeganklik wees op of by:

  • Gebruiker- en gebeurtenis-registrasiebladsye;
  • Voetskrifte op Wikimedia-projekte en wysigingbevestigingsbladsye vir afgemelde gebruikers (waar toepaslik en tegnies moontlik);
  • Voetskrifte op die webwerwe van erkende geaffilieerde maatskappye en gebruikergroepe;
  • In-persoon, afgeleë en hibriede gebeurtenisse, waar dit ook prominent gekommunikeer moet word; en
  • Enige ander plek wat deur plaaslike projekte, geaffilieerde maatskappye, gebruikergroepe en gebeurtenis organiseerders as toepaslik beskou word

2.2 Aanbevelings vir UGK-opleiding

Die UGK4-boukomitee moet, met ondersteuning van die Wikimedia Stigting, opleiding ontwikkel en implementeer om ’n gemeenskaplike begrip van die UGK en vaardighede vir die implementering daarvan te bemagtig. Relevante belanghebbendes moet geraadpleeg word tydens die ontwikkeling van opleiding, insluitend die volgende (onder meer): Geaffileerdes, die Komitee vir Geaffileerde Maatskappye, Arbitrasiekomitees, Rentmeesters en ander Gevorderderegte-houers, Veiligheid en Vertroue, die Regsafdeling en ander wat kan bydra om ’n geheelbeeld van die UGK te verskaf.

Hierdie opleiding is gerig op mense wat deel van UGK-afdwingingsprosesse wil wees, of mense wat oor die UGK ingelig wil word.

Die opleiding sal saamgestel word as onafhanklike modules wat algemene inligting, identifikasie van oortredings en ondersteuning, en komplekse sake en appèlverrigtinge dek. Nadat die eerste UGK4 aan boord is, moet hulle die opleidingsmodules in stand hou en bywerk na gelang van behoefte.

Opleidingsmodules sal in verskillende formate en op verskillende platforms beskikbaar wees vir maklike toegang. Plaaslike gemeenskappe en Wikimedia-geaffilieerdes wat opleiding op hul gemeenskapsvlak wil verskaf, sal finansiële ondersteuning van die Wikimedia Stigting ontvang om opleiding te implementeer.

Daar word aanbeveel dat deelnemers wat ’n module voltooi, die opsie hê om openbare erkenning te kan kry.

Die volgende opleiding stelle moet beskikbaar wees:

Module A – Oriëntasie (UGK – Algemeen)

  • Hierdie module help om ’n gemeenskaplike begrip van die UGK en die implementering daarvan te verseker
  • Dit verduidelik bondig wat die UGK is en watter soort afdwinging verwag sal word, asook watter instrumente beskikbaar is om oortredings te help rapporteer.

Module B – Identifikasie en Rapportering (UGK – Oortredings)

  • Hierdie module gee vir mense die vermoë om UGK-oortredings te identifiseer, rapportering prosesse te verstaan, en te leer hoe om rapporteringinstrumente te gebruik
  • Dit beskryf die tipe oortreding, hoe om gevalle wat gerapporteer moet word in hul plaaslike konteks te identifiseer, hoe en waar om te rapporteer, en optimale hantering van sake binne UGK-prosesse
  • Waar van toepassing, sal opleiding ook fokus op spesifieke dele van die UGK, bv. teistering en magsmisbruik

Modules C – Komplekse sake, Appelle (UGK – Veelvuldige oortredings, Appelle)

  • Hierdie modules is ’n voorvereiste om by die UGK4 te kan aansluit, en word aanbeveel vir voornemende UGK4-aansoekers en gebruikers met gevorderde regte
  • Hierdie module dek twee spesifieke onderwerpe:
    • C1 – Hantering van komplekse sake (UGK – Veelvuldige oortredings): Dit dek oorkruis-wiki-sake, langtermynteistering, om te bepaal hoe geloofwaardig bedreigings is, effektiewe en sensitiewe kommunikasie, en hoe om die veiligheid van slagoffers en ander kwesbare mense te beskerm
    • C2 – Hantering van appelle, afsluiting van sake (UGK – Appelle): Dit dek die hantering van UGK-appelle
  • Hierdie modules moet instrukteur-geleide, pasgemaakte opleiding wees wat aan UGK4-lede, -aansoekers en gemeenskapverkose funksionarisse aangebied word wat die “Toegang tot nie-publieke persoonlike data”-beleid onderteken het
  • Die materiaal vir hierdie instrukteur-geleide opleiding, bv. individuele modules, skyfies, vrae, ens., moet openbaar beskikbaar wees

3. Reaktiewe werk

Hierdie afdeling bied riglyne en beginsels vir die verwerking van verslae oor UGK-oortredings en bied aanbevelings vir plaaslike afdwingingstrukture wat UGK-oortredings hanteer. Daarom bevat hierdie afdeling belangrike beginsels vir die verwerking van verslae, aanbevelings vir die daarstelling van ’n rapporteringsinstrument, voorgestelde afdwinging vir verskillende vlakke van oortredings, en aanbevelings vir plaaslike afdwingingstrukture.

3.1 Beginsels vir die indiening en verwerking van

Die volgende beginsels is standaarde vir verslagdoeningstelsels regoor die Beweging.

Verslae:

  • Die party(e) of persoon/persone wat deur die oortreding geteiken is of daardeur skade ly asook onbetrokke derde partye wat die gebeure waargeneem het, moet UGK-oortredings kan rapporteer
  • Verslae moet in staat wees om UGK-oortredings te dek, ongeag waar dit voorkom, hetsy aanlyn, vanlyn, in ’n ruimte wat deur ’n derde party aangebied word, of ’n kombinasie van ruimtes
  • Dit moet moontlik wees om rapportering openbaar te doen of met verskillende grade van privaatheid
  • Die geloofwaardigheid en verifieerbaarheid van aantygings moet deeglik ondersoek word om risiko en regmatigheid behoorlik te evalueer
  • Gebruikers wat voortdurend in kwade trou optree of ongeregverdigde verslae indien, loop die risiko om hul rapporteringsvoorregte te verloor
  • Beskuldigde individue moet toegang hê tot die besonderhede van die beweerde oortreding waarvan hulle beskuldig word, tensy sodanige toegang gevaar of waarskynlike leed vir die rapporteerder of ander se veiligheid inhou
  • Die Wikimedia Stigting moet hulpbronne vir vertaling verskaf indien verslae in tale ingedien word wat aangewese individue nie praat nie

Riglyne vir verwerking van oortredings

  • Die uitkoms van ’n saak moet in verhouding met die erns van die oortreding wees
  • Sake moet op ’n ingeligte wyse beoordeel word, wat konteks in ag neem en aan die beginsels van die UGK voldoen
  • Sake moet binne ’n konsekwente tydbestek opgelos word, met tydige kennisgewing aan deelnemers indien dit langer duur

Deursigtigheid:

  • Waar moontlik, sal die groep wat die UGK-oortreding verwerk het 'n publieke argief van sake verskaf, terwyl privaatheid en sekuriteit in nie-openbare sake gehandhaaf sal word.
  • Verskaf ’n openbare argief van sake, maar handhaaf privaatheid en sekuriteit in geslote sake
  • Publiseer basiese statistiek oor UGK-oortredings en -rapportering, maar handhaaf beginsels van minimale data-insameling en respek vir gemeenskapslede se privaatheid.
    • Ander groepe wat UGK-oortredings verwerk, word aangemoedig om basiese statistieke oor UGK-oortredings en verslagdoening te verskaf, terwyl die beginsels van minimale data-insameling en respek vir privaatheid eerbiedig word.

3.1.1 Verskaffing van hulpbronne vir prosessering van sake

Afdwinging van die UGK deur plaaslike beheerstrukture moet op verskeie maniere ondersteun word. Gemeenskappe sal op grond van verskeie faktore uit verskillende meganismes of benaderings kan kies, bv. die kapasiteit van hul afdwingingstrukture, benadering tot regulering, en gemeenskapvoorkeure. Sommige van hierdie benaderings sluit die volgende in:

  • ’n Arbitrasiekomitee (ArbKom) vir ’n spesifieke Wikimedia-projek
  • ’n ArbKom wat tussen verskeie Wikimedia-projekte gedeel word
  • Gebruikers met gevorderde regtedwing plaaslike beleide wat met die UGK ooreenstem op ’n gedesentraliseerde wyse af
  • Panele met plaaslike administrateurs wat beleide afdwing
  • Plaaslike bydraers wat plaaslike beleide deur gemeenskapsbespreking en -instemming afdwing

Gemeenskappe moet voortgaan om afdwinging deur middel van bestaande metodes te hanteer waar dit nie met die UGK bots nie.

3.1.2 Afdwinging volgens tipe oortredings

Hierdie afdeling bevat ’n onvolledige lys van die verskillende tipes oortredings, saam met die potensiële afdwingingsmeganisme wat met elkeen verband hou.

  • Oortredings waarby dreigemente van enige soort fisiese geweld betrokke is
    • Hanteer deur die Wikimedia Veiligheid-en-vertrouespan
  • Oortredings waarby litigasie of regsdreigemente betrokke is
    • Sake moet spoedig na die Wikimedia Stigting-regspan gestuur word, of wanneer toepaslik, na ander kundiges wat die meriete van die dreigemente toepaslik kan evalueer
  • Oortredings wat nie-konsensuele bekendmaking van persoonlik identifiseerbare inligting behels
    • Gewoonlik hanteer deur gebruikers met wat toesighoudende regte het en veranderings kan omkeer Soms hanteer deur die Vertrouens

-en Beskermingspan

    • Indien hierdie tipe oortreding ’n regsverpligting oproep, moet die saak vinnig na die Wikimedia Stigting-regspan gestuur word, of indien van toepassing, na ander kundiges wat die meriete van die saak toepaslik kan evalueer
  • Oortredings wat verband hou met beheer deur geaffilieerdes
  • Hanteer deur die Komitee vir Geaffilieerdes Sistematiese versuim om die UGK na te kom
    • Hanteer deur UGK4
    • Enkele voorbeelde van sistematiese versuim sluit die volgende in:
      • Gebrek aan plaaslike kapasiteit om die UGK af te dwing
      • Konsekwente plaaslike besluite wat met die UGK bots
      • Weiering om die UGK af te dwing
      • Gebrek aan hulpbronne of gebrek aan voorneme om kwessies aan te spreek
  • Oortredings van die UGK op die wiki
    • UGK-oortredings wat op verskeie wiki’s voorkom:Hanteer deur wêreldwye stelselbedryf en rentmeesters en die liggame wat enkel-wiki-UGK-oortredings hanteer, of deur die UGK4 hanteer;
    • UGK-oortredings wat op ’n enkele wikivoorkom:Hanteer deur individuele Wikimedia-projekte volgens hul bestaande riglyne
      • Eenvoudige UGK-oortredings soos vandalisme moet met behulp van bestaande middele deur bestaande afdwingingstrukture hanteer word, mits dit nie met hierdie riglyne bots nie
  • Oortredings in tegniese ruimtes
    • Hanteer deur Tegniese Gedragskode-komitee
  • Oortredings buite die wiki
    • Hanteer deur die UGK4 waar geen plaaslike bestuurstruktuur (bv. ArbKom) bestaan nie, of as die saak na hulle verwys word deur die afdwingingstruktuur wat andersins verantwoordelik sou wees
    • In sommige gevalle kan dit nuttig wees om die oortredings buite die wiki by afdwingingstrukture binnen die betrokke konteks buite die wiki te rapporteer. Dit verhinder egter nie bestaande plaaslike en wêreldwye afdwingingsmeganismes om op die verslae te reageer nie
  • Oortredings by in-persoon gebeurtenisse en ruimtes
    • Bestaande afdwingingstrukture bied dikwels gedragsreëls en afdwinging in ruimtes buite die wiki. Dit sluit vriendelikeruimte-beleide en konferensiereëls in
    • Afdwingingstrukture wat hierdie sake hanteer, kan dit na die UGK4 verwys
    • In gevalle van geleenthede wat deur die Wikimedia Stigting aangebied word, sal die Vertrouens-en Beskermingspan die gebeurtenisbeleid afdwing

3.2 Aanbevelings vir ’n rapporteringsinstrument

’n Gesentraliseerde rapportering- en prosesseringinstrument vir UGK-oortredings sal deur die Wikimedia Stigting ontwikkel en in stand gehou word. Dit behoort moontlik te wees om rapportering met hierdie instrument via MediaWiki te doen. Die doel is om die tegniese drumpel om UGK-oortredings te rapporteer en te verwerk, te verlaag.

Verslae moet relevante, uitvoerbare inligting bevat of ’n dokumentasieregister van die betrokke saak verskaf. Die rapporteringkoppelvlak moet die rapporteerder in staat stel om besonderhede te verskaf aan wie ook al daarvoor verantwoordelik is om daardie betrokke saak te hanteer. Dit sluit onder meer inligting soos die volgende in:

  • Hoe die gerapporteerde gedrag die UGK oortree
  • Wie of wat deur hierdie oortreding van die UGK skade ly
  • Die datum en tyd waarop die insident(e) plaasgevind het
  • Die ligging(s) van die insident(e)
  • Ander inligting wat afdwingingsgroepe in staat stel om die geval te hanteer

Die instrument moet werk volgens die beginsels van gebruikersvriendelikheid, beskerming van privaatheid en sekuriteit, aanpasbaarheidin prosessering, en deursigtigheid.

Individue wat die UGK moet afdwing, hoef nie hierdie instrument te gebruik nie. Hulle mag voortgaan om die instrumente te gebruik wat hulle as gepas beskou, mits sake volgens dieselfde beginsels van gebruikersvriendelikheid, privaatheid en sekuriteit, aanpasbaarheid in prosessering, en deursigtigheid hanteer word.

3.3 Beginsels en aanbevelings vir afdwingingstrukture

Ons moedig ons bestaande afdwingingstrukture aan om, waar moontlik, verantwoordelikheid te aanvaar om verslae oor UGK-oortredings te ontvang en te hanteer in ooreenstemming met die riglyne wat hier vermeld word. Om te verseker dat afdwinging van die UGK oral in die beweging konsekwent bly, beveel ons aan dat die volgende grondslag beginsels toegepas moet word wanneer UGK-oortredings hanteer word.

3.3.1 Billikheid in proses

Ons moedig afdwingingstrukture aan om ondersteunende beleide oor botsende belange te ontwikkel en in stand te hou. Dit behoort administrateurs of ander te help bepaal wanneer om ’n verslag te vermy of daaraan te onttrek wanneer hulle te nóú by die saak betrokke is.

Alle partye moet die geleentheid hê om hul perspektief te gee, maar dit kan moontlik beperk word om privaatheid en veiligheid te beskerm. Terugvoer van ander kan ook gevra word om meer inligting, perspektief en konteks te help verskaf.

3.3.2 Deursigtigheid van proses

Die UGK4 moet, in ooreenstemming met sy doel en omvang soos omskryf in 4.1, dokumentasie verskaf oor die doeltreffendheid van UGK-afdwingingsoptrede en hul verband met algemene oortredings oral in die beweging. Die Wikimedia Stigting moet hulle ondersteun in die uitvoering van hierdie navorsing. Die doel van hierdie dokumentasie is om toepassingstrukture te help om bestepraktyke vir die afdwinging van die UGK te ontwikkel.

Wikimedia-projekte en -geaffilieerdes moet, waar moontlik, bladsye onderhou wat beleide en afdwingingsmeganismes uiteensit in ooreenstemming met die UGK-beleidteks. Projekte en geaffilieerdes met bestaande riglyne of beleide wat in stryd met die UGK-beleidteks is, moet veranderinge bespreek om aan wêreldwye gemeenskapstandaarde te voldoen. Die bywerking van plaaslike beleide of die opstelling van nuwe beleide moet gedoen word op ’n manier wat nie met die UGK bots nie. Projekte en geaffilieerdes mag raadgewende menings oor potensiële nuwe beleide of riglyne van die UGK4 aanvra.

Wikimedia se gebruiksbepalings geld moontlik nie vir Wikimedia-spesifieke gesprekke in verwante ruimtes op derdeparty-platforms (bv. Discord, Telegram, ens.) nie. Dit word gedek deur daardie spesifieke webwerf se gebruiksbepalings en gedragsbeleide. Die gedrag van Wikimediane kan nietemin in verwante ruimtes op derdeparty-platforms as bewyse in verslae oor UGK-oortredings aanvaar word. Ons moedig Wikimedia-gemeenskapslede wat Wikimedia-verwante ruimtes op derdeparty-platforms modereer aan om respek vir die UGK in hul beleide in te sluit. Die Wikimedia Stigting moet poog om bestepraktyke vir derdeparty-platforms aan te moedig wat die voortsetting van konflikte op die wiki in hul ruimtes ontmoedig.

3.3.3 Appelle

’n Individu wat gevorderde regte het moet by ’n plaaslike of gedeelde afdwingingstruktuur buiten die UGK4 oor die regtehouer se optrede appèl kan aanteken. Indien daar nie so ’n afdwingingstruktuur bestaan nie, kan dit moontlik toelaatbaar wees om by die UGK4 appèl aan te teken. Afgesien van hierdie reëling, kan plaaslike gemeenskappe ’n ander individue wat gevorderde regte het, toelaat om te appelleer.

Afdwingingstrukture moet standaarde stel om appelle op grond van toepaslike kontekstuele inligting en versagtende omstandighede te aanvaar en te oorweeg. Hierdie faktore sluit onder meer die volgende in: verifieerbaarheid van die aantygings, die duurte en uitwerking van die sanksie, en of daar ’n vermoede van magsmisbruik of ander sistemiese probleme is. Die aanvaarding van ’n appèl word nie gewaarborg nie.

Appelle is nie moontlik teen sekere besluite wat deur die Wikimedia Stigting se regsafdeling geneem word nie. Sommige Wikimedia Stigting-kantooraksies en -besluite kan egter deur die saakhersieningskomitee hersien word. Die beperking, spesifiek op appèlle teen kantooraksies en -besluite, mag dalk nie in sommige jurisdiksies geld nie, indien wetlike vereistes verskil.

Afdwingingstrukture moet ingeligte perspektiewe op sake probeer verkry om ’n grondslag te vestig waarop ’n appèl toegestaan of geweier kan word. Inligting moet sensitief hanteer word, gedagtig aan die privaatheid van die betrokke persone en die besluitnemingsproses.

Daarom beveel ons aan dat afdwingingstrukture verskillende faktore oorweeg wanneer appelle ondersoek word. Dit sluit onder meer die volgende in:

  • Die erns en leed wat die oortreding veroorsaak
  • Vorige geskiedenis van oortredings
  • Erns van sanksies waarteen appèl aangeteken word
  • Tydsduur sedert die oortreding
  • Ontleding van die oortreding in kontak
  • Vermoedens van moontlike magsmisbruik of ander sistemiese probleem

4.UGK-koördineringskomitee (UGK4)

’n Nuwe wêreldwye komitee genaamd die Universele Gedragskode-Koördineringskomitee (UGK4) sal gestig word. Hierdie komitee sal medegelyk wees met ander hoëvlak-besluitnemingsliggame (bv. ArbKom’s en AffKom’s). Die doel daarvan is om as laaste uitweg te dien in die geval van sistematiese mislukking deur plaaslike groepe om die UGK af te dwing. Die UGK4 se lidmaatskap moet die wêreldwye, diverse samestelling van die wêreldwye gemeenskap weerspieël.

4.1 Doel en omvang

Die UGK4 monitor verslae van UGK-oortredings en kan bykomende ondersoeke onderneem en stappe neem, waar toepaslik. Die UGK4 sal die stand van UGK-afdwinging gereeld monitor en evalueer. Dit kan geskikte veranderinge aan die UGK en die UGK-afdwingingsriglyne voorstel vir die Wikimedia Stigting en die gemeenskap om te oorweeg, maar mag nie enige van die dokumente op sy eie verander nie. Wanneer nodig, sal die UGK4 die Wikimedia Stigting bystaan om sake te hanteer.

Die UGK4 doen die volgende:

  • Hanteer klagtes en appelle in die omstandighede wat in die Afdwingingsriglyne uiteengesit word
  • Voer enige ondersoeke uit wat nodig is om genoemde klagtes en appelle uit te klaar
  • Bied hulpbronne aan gemeenskappe oor die UGK se beste praktyke, byvoorbeeld verpligte opleidingsmateriaal en ander hulpbronne na gelang van behoefte
  • Verskaf ’n finale vertolking van die UGK-afdwingingsriglyne en die UGK indien die behoefte daarvoor ontstaan, in samewerking met gemeenskapslede en afdwingingstrukture
  • Monitor en evalueer die doeltreffendheid van UGK-afdwinging, en lewer aanbevelings vir verbetering

Die UGK4 sal nie sake aanvaar wat nie hoofsaaklik oortredings van die UGK of die afdwinging daarvan behels nie. Die UGK4 kan sy finale besluitnemingsgesag delegeer, behalwe in gevalle van ernstige sistemiese probleme. Die UGK4 se verantwoordelikhede word in die konteks van ander afdwingingstrukture in 3.1.2 verduidelik.

4.2 Keuring, lidmaatskap en rolle

Jaarlikse verkiesings, georganiseer deur die wêreldgemeenskap, sal stemgeregtigde lede kies. Kandidate kan enige gemeenskapslid wees wat ook moet:

  • Aan die Wikimedia Stigting se kriteria voldoen vir toegang tot nie-publieke persoonlike data en in hul verkiesingsmanifes bevestig dat hulle die kriteria ten volle sal nakom
  • Daar moet geen huidige sanksies of verbod in plek wees op enige Wiki-projek of as gevolg van ‘n insident nie
  • Die UGK nakom
  • Enige ander geskiktheidsvereistes nakom wat gedurende die verkiesingsproses bepaal word

Die UGK4 kan in buitengewone omstandighede tussentydse verkiesings uitroep, indien dit bepaal dat bedankings of ’n gebrek aan aktiwiteit ’n onmiddellike behoefte aan bykomende lede laat ontstaan. Verkiesings sal in ’n soortgelyke formaat as die gewone jaarlikse verkiesings wees.

Individuele lede van die UGK4 hoef nie uit ander posisies te bedank nie (byvoorbeeld plaaslike stelselbedryf, lid van ArbKom, gebeurtenisveiligheidkoördineerder). Hulle mag egter nie deelneem aan die prosesseringvan sake waarby hulle direk betrokke was uit hoofde van hul ander posisies nie. Lede van die UGK4 sal die betrokke beleid oor persoonlike data wat nie in die openbaar beskikbaar is onderteken om vir hulle toegang tot sulkeinligting te gee. Die UGK4-boukomitee moet op toepaslike termyne vir UGK4-lede besluit.

Die UGK4 kan, waar toepaslik, subkomitees vorm of individue aanwys vir spesifieke take of rolle.

Die Wikimedia Stigting kan tot twee nie-stemgeregtigde lede in die UGK4 aanstel en ondersteuningspersoneel verskaf indien hulle wil en waar dit toepaslik is.

4.3 Prosedures

Die UGK4 sal besluit hoe gereeld dit moet vergader, asook oor ander bedryfsprosedures. Die UGK4 kan hul prosedures skep of wysig, mits dit binne hul mandaat is. Wanneer dit gepas is, moet die Komitee gemeenskapterugvoer oor beoogde veranderinge aanvra voordat dit geïmplementeer word.

4.4 Beleid en presedent

Die UGK4 skep nie nuwe beleid nie en mag nie die UGK wysig of verander nie. Die UGK4 pas die UGK toe en dwing dit af, soos wat die omvang daarvan voorskryf.

Namate gemeenskapsbeleide, -riglyne en -norme met verloop van tyd ontwikkel, sal vorige besluite slegs in ag geneem word in die mate wat dit in die huidige konteks relevant bly.

4.5 UGK4-boukomitee

Ná bekragtiging van die UGK-afdwingingsriglyne, sal die Wikimedia Stigting ’n Boukomitee vir die volgende doeleindes fasiliteer:

  • Om die prosedures, beleid en presedent van die UGK4 te bepaal
  • Om die res van die UGK4-proses op te stel
  • Om enige ander logistiek te reël wat nodig is om die UGK4 te stig
  • Om die aanvanklike verkiesingsprosedures vir die UGK4 te help fasiliteer

Die Boukomitee moet bestaan uit vrywillige gemeenskapslede, personeel of direksielede van geaffilieerdes, en Wikimedia Stigting-personeel.

Lede sal aangewys word deur die Wikimedia Stigting se Visepresident van Gemeenskapsveerkragtigheid en -volhoubaarheid. Vrywillige lede vir die komitee moet gerespekteerde gemeenskapslede wees.

Lede sal die uiteenlopende perspektiewe van die beweging se afdwingingsprosesse weerspieël met ondervinding in dinge soos, maar nie beperk nie tot: beleidsamestelling, betrokkenheid by en bewustheid van die toepassing van bestaande reëls en beleide op Wikimedia-projekte, en deelnemende besluitneming.:

  • Tale gepraat
  • Geslag,
  • Ouderdom
  • Geografie
  • Projek tipe

Die werk van die UGK4-Ontwikkelingskomitee sal óf deur die Wêreldwye Raad óf deur ’n gemeenskapsproses soortgelyk aan die bekragtiging van hierdie dokument bekragtig word. Nadat die UGK4 deur die werk van hierdie Ontwikkelingskomitee gestig is voltooi is, moet die Boukomitee ontbind.

5.Woordelys

Administrateur (stelselbedryf of admin)
Sien definisie op Meta.
Gevorderde regtehouer
gebruiker wat administratiewe regte het bo tipiese redigeertoestemmings, en oor die algemeen deur gemeenskapsprosesse verkies word of deur arbitrasiekomitees aangestel word. Dit sluit as 'n nie-uitputtende lys in: plaaslike stelsel operateurs / administrateurs, beamptes, globale stelsel operateurs, rentmeesters.
Affiliasiekomitee (AffKom)
Sien definisie op Meta.
Arbitrasiekomitee (ArbKom)
’n groep vertroude gebruikers wat as die finale besluitnemingsgroep vir sommige geskille dien. Elke ArbKom se mandaat word deur sy gemeenskap gedefinieer. ’n ArbKom kan meer as een projek (bv. Wikinews én Wikivoyage) en/of meer as een taal bedien. Vir die doeleindes van hierdie riglyne sluit dit die Gedragskodekomitee vir Wikimedia se Tegniese Ruimtes en administratiewe panele in. Sien ook definisie op Meta.
Met die opstel van die Handhawingsriglyne het die opstelkomitee die woorde 'skep', 'ontwikkel', 'afdwing', 'moet', 'vervaardig', 'sal' en 'sal' as bindend beskou. Vergelyk dit met aanbevelingswerkwoorde.
Case Review Committee
See definition on Meta-Wiki.
Gemeenskap
Verwys na 'n projek se gemeenskap. Besluite wat deur 'n projek se gemeenskap geneem word, word oor die algemeen deur konsensus bepaal. Sien ook: Projek.
Oorkruis-wiki
Beïnvloed of vind plaas op meer as een projek. Sien ook: Globaal.
Gebeurtenisveiligheidskoördineerder
'n persoon wat deur die organiseerders van 'n persoonlike Wikimedia-geaffilieerde geleentheid aangewys is as verantwoordelik vir daardie geleentheid se veiligheid en sekuriteit.
Globaal
Verwys na alle Wikimedia-projekte. In die Wikimedia-beweging is "globaal" 'n brabbeltaal-term wat verwys na Bewegingswye beheerliggame. Dit word gewoonlik gebruik om teen "plaaslik" te kontrasteer.
Globaal sysops
Sien definisie op Meta.
High-level decision-making body
A group (i.e. U4C, ArbCom, Affcom) beyond which there can be no appeal. Different issues may have different high-level decision-making bodies. This term does not include a group of users participating in a discussion organized at a noticeboard and resulting in a decision, even if the results of that discussion cannot be appealed.
Plaaslik
Verwys na 'n enkele Wikimedia-projek, affiliate, or organization. Hierdie term verwys gewoonlik na die kleinste, mees onmiddellike beheerliggaam wat op die situasie van toepassing is.

Buite die wiki:Dit verwys gewoonlik na aanlyn ruimtes wat nie deur die Wikimedia Stigting gehuisves word nie, selfs al is Wikimedia-gemeenskapslede daar teenwoordig en gebruik hulle die ruimte aktief. Voorbeelde van ruimtes buite die wiki sluit Twitter, Whatsapp, IRC, Telegram, Discord en ander in.

Personally identifiable information
is any data that could potentially identify a specific individual. Any information that can be used to distinguish one person from another and can be used to deanonymize previously anonymous data is considered PII.
Project (Wikimedia project)
A wiki operated by the WMF.

Met die opstel van die Toepassingriglyne het die opstelkomitee die woorde 'aanmoedig', 'mag', 'voorstel', 'beveel' en 'behoort' as aanbevelings beskou. Vergelyk dit met bind werkwoorde.

Verwante toepassings wat op derdeparty-platforms aangebied word
Webwerwe, insluitend private wiki's, wat nie deur die WMF bedryf word nie, maar waar gebruikers projeksake bespreek wat relevant is tot Wikimedia. Dikwels gemodereer deur Wikimedia-vrywilligers.

Werknemers van en/of personeellede wat aan 'n Wikimedia-bewegingsorganisasie toegewys is of kontrakteurs van so 'n bewegingsorganisasie wie se werk interaksie met Wikimedia-gemeenskapslede of in Wikimedia-bewegingsruimtes vereis (insluitend derdeparty-toepassings soos nie-wiki-platforms wat toegewy is aan Wikimedia-bewegingsaktiwiteite ).

Toesighouer
Sien definisie op Meta.
Sistematise kwessie
'n Kwessie waarvoor daar 'n patroon is van versuim om die Universele Gedragskode te volg met deelname van verskeie mense, veral diegene met gevorderde regte.
Wikimedia Stigting Kantoor Aksie Beleid
Die beleid soos gevind op Meta of sy ekwivalente opvolg beleid.